web analytics

Infidelity Fiction Stories

The danger of a single story Chimamanda Ngozi Adichie

Translator: Ingrid LezarReviewer: Christiaan Crafford Ek is ‘n storieverteller. Ek wil julle ‘n paarpersoonlike stories vertel oor quot;die gevaar van die enkele storiequot;. Ek’t op ‘n universiteitskampusin oosNigerië grootgeword. My ma sê ek’t op twee begin lees, alhoewel ek dink viernader aan die waarheid is. So ek was ‘n vroeë leser

en ek’t Britse enAmerikaanse kinderboeke gelees. Ek was ook ‘n vroeë skrywer. Toe ek begin skryf,op omtrent sewe, stories in potlood met krytillustrasies, wat my arme ma móés lees, skryf ek presies die tipe storieswat ek gelees het: Al my karakters was wit met blou oë, hulle’t in die sneeu gespeel,

hulle’t appels geëet (Gelag) en hulle’t baie oor die weer gepraat, hoe lieflik dit was,dat die son uitgekom het. (Gelag) Ondanks die feitdat ek in Nigerië gewoon het. Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. Ons’t niks sneeu gehad nie,

ons het mangoes geëet, en ons’t nooit oor die weer gepraat nie, want dit was onnodig. My karakters het ookbaie gemmerbier gedrink, want die karakters in die Britse boekehet gemmerbier gedrink. Ongeag dat ek g’n benulvan gemmerbier gehad het nie. (Gelag) En vir baie jare daarna

sou ek ‘n brandende begeerte hêom gemmerbier te proe. Maar dis ‘n ander storie. Wat hierdie wys, dink ek, is hoe ontvanklik en vatbaar ons is met ‘n storie voor oë, veral as kinders. Omdat ek nét boeke gelees hetwaarin karakters anders was, was ek oortuig

dat boeke vanselfsprekendvreemdelinge moes in hê en oor dinge moes gaanwaarmee ek nie kon identifiseer nie. Dinge het verandertoe ek Afrikaboeke ontdek het. Daar was nie veel beskikbaar nie en hulle was nie so verkrygbaarsoos die buitelandse boeke nie. Maar dank skrywerssoos Chinua Achebe en Camara Laye, het ek ‘n sielsverskuiwingin my begrip van letterkunde beleef. Ek het besef dat mense soos ek,

Leave a Reply